Voorsitter, ek versoek hiermee dat, met die volgende sitting van die Huis, die Huis debateer dat onderwys 'n primre funksie van die gemeenskap is, waar die staat slegs bystand in die vorm van salarisse, fasiliteite en minimum standaarde behoort te lewer, maar nie soos toenemend die geval is onderwys gebruik om die ideologie wat die staat verkies, op gemeenskappe af te dwing nie. Ek stel so voor.