Voorsitter, eerstens wil ek net aandui dat die EVV nie saamgestem het met die besluit om Ncera oor te dra aan die Landbounavorsingsraad nie.
Eerstens, en dit is baie eenvoudig, was baie swak leierskap en bestuur van die departement, sowel as van die vorige komitee, oorgedra aan die vorige Minister, om dit weer verder oor te dra. Die begroting van Ncera was onvoldoende. Daar was probleme tussen die bestuurslede by Ncera. Daar was probleme met die oordrag van sertifikate aan die tydelike eienaars of die persone wat die 10 plase bestuur, maar die departement - of die regering in sy geheel - het nie daarin geslaag om te verseker dat die plaasboere, of die tydelike plaasboere, voldoende toerusting, opleiding ensovoorts gekry het om te verseker dat hulle hul boerdery suksesvol kon bedryf nie.
Die omstandighede wat op grondvlak by Ncera geskep is, toon baie duidelik dat dit nie bedoel was om te verseker dat die plaasboere 'n sukses moet maak nie. Die probleem is ... [Tussenwerpsels.] ... in haar tydperk ... maar die probleem is hoe ons in die toekoms gaan verseker dat nie-blanke plaasboere en, meer spesifiek, kleinplaasboere, 'n sukses van die bedryf op die onderskeie plase maak.
Dit laat 'n mens sommer dink aan die Wes-Kaap self, maar ek wil my hou by Ncera. Dit is baie duidelik dat die regering nie 'n plan het om te verseker dat Ncera en ander soortgelyke plase suksesvol bedryf word nie. Dankie. [Applous.] (Translation of Afrikaans speech follows.)
[Mr B D JOSEPH: Chairperson, firstly I would just like to point out that the EFF did not agree with the decision to transfer Ncera to the Agricultural Research Council.
In the first place, and this is very simple, poor leadership and management in the department, as well as the previous committee, was transferred to the Minister, to be transferred further again. Ncera's budget was insufficient. There were problems between members of the Ncera management. There were problems with the transfer of certificates to the temporary owners or the persons managing the 10 farms, but the department - or the government in its entirety - could not succeed in seeing to it that the farmers, or the temporary farmers, received sufficient equipment, training and so on in order to ensure that they could successfully manage their farms.
The circumstances that have been created at grass-roots level at Ncera give a clear indication that it was not intended to ensure that the farmers can make a success. The problem is ... [Interjections.] ... in her term ... but the problem is how do we ensure in the future that non-white farmers and, more specifically, small-scale farmers, can make a success in the industry on the respective farms.
It leads one to think of the Western Cape itself, but I want to stick to Ncera. It is very clear that the government does not have a plan to ensure the successful running of Ncera and other similar farms. Thank you. [Applause.]]