Die DA kan nooit hierdie mosie steun nie, indien ons nie erkenning gee aan almal, wit en swart, wat vir die land se vryheid geveg het nie. Hierdie land se vryheid staan ook geskrywe op die letsels van David Stuurman se rug; hierdie land se vryheid is deurdrenk met die trane van vernedering van Saartjie Baartman; en hierdie vryheid is geanker in die lewe van Krotoa en ander vroue.