Agb Adjunkvoorsitter, die kwessie rondom droogtehulp het die DA nou al op verskeie vlakke en verskeie keer in Suid-Afrika aangespreek. Ek persoonlik het in hierdie Huis dit ook al met President Ramaphosa, Adjunkpresident Mabuza, asook Minister Didiza aangespreek. Elkeen van hulle het onderneem dat hulle ons boere se probleme met die droogte as 'n prioriteit sal hanteer. Dit het ongelukkig nie gebeur nie en dit is duidelik in hierdie begroting sigbaar.
Die beskikbaarstelling van fondse om hierdie droogte se effek op ons boere te verlig skiet ver te kort. Ons boere - wit, swart en bruin, groot of klein - is tesame een van die grootste verskaffers van werk in Suid-Afrika. Ons boere is ook die ruggraat van voedelsekerheid in Suid-Afrika. Hulle mt daarom gehelp en beskerm word.