Adjunkspeaker, ek stel sonder kennisgewing voor:
Dat die Huis -
1) kennis neem dat die veteraan-nuusleser en TV-persoonlikheid Riaan Cruywagen aan die einde van November 2012 met aftrede uit die diens van die SA Uitsaaikorporasie, SAUK, sal tree; 2) verder kennis neem dat die alombekende Cruywagen op Maandag, 26 November, op die dag en datum, presies 37 jaar in diens van die SAUK sal wees;
3) daarop let dat Riaan Cruywagen in sy loopbaan meer as 7 000 nuusuitsendings behartig het;
4) verder daarop let dat Cruywagen, wat beroemdheid verwerf het nie net as nuusleser nie, maar ook vir sy rol in produksies soos Haas Das se Nuuskas, kultusstatus geniet onder die publiek en dat hy beskou word as 'n bekende gesig in menige Suid-Afrikaners se voorkamers;
5) daarom erkenning verleen aan Cruywagen vir sy bydrae tot die ontwikkeling van die Afrikaanse nuusmedia; en
6) Cruywagen hartlik bedank vir sy onbaatsugtige en volgehoue diens aan die SAUK en die mense van Suid-Afrika en hom die allerbeste toewens vir sy aftrede. (Translation of Afrikaans draft resolution follows.)
[The CHIEF WHIP OF THE MAJORITY PARTY: Deputy Speaker, I move without notice:
That the House - 1) notes that at the end of November 2012 the veteran news reader and TV personality Riaan Cruywagen will be retiring from the service of the SA Broadcasting Corporation, SABC;
2) further notes that on the day and date of Monday, 26 November, the widely known Cruywagen will have been in the SABC's employ for exactly 37 years;
3) recognises that in his career Riaan Cruywagen has managed more than 7 000 newscasts;
4) further recognises that Cruywagen, who gained fame not only as a news reader but also for his role in productions such as Haas Das se Nuuskas, enjoys cult status among the public and that he is regarded as a familiar face in many a South African sitting room;
5) acknowledges Cruywagen's contribution to the development of the Afrikaans news media; and
6) thanks Cruywagen sincerely for his selfless and continued service to the SABC and the people of South Africa and wishes him all the best in his retirement.]
Agreed to.