Die feit van die saak is dat u op inkomste van die privaatsektor staatmaak. Die agb Buthelezi verwys ook daarna dat die privaatsektor die ekonomie moet red. Die privaatsektor moet die land deur investering en beleggings red, maar hoe kan hulle, as u hulle die heeltyd kritiseer?