Agb Adjunkvoorsitter, ons sit met 'n vreeslike krisis in die land. Ek het in 'n komiteevergadering twee weke terug ook genoem dat die droogtehulpfonds weggevat is van die Noord-wes provinsie as gevolg van wanbesteding.
Ek het met die LUR van Finansies gepraat wat aan my genoem het dat die relevant afdeling ook glad nie enige planne ingedien het wat addisionele droogtehulpfondse aanvra nie.