Agb Voorsitter, dit is 'n voorreg om vandag kommentaar te kan lewer op die verslag aangaande die Portefeuljekomitee op Hor Onderwys en Opleiding se besoek aan die Russiese Federasie in September 2018.
Die komitee was verras oor die groot getal jong Suid- Afrikaners wat tans, veral oop voorgraadse vlak, in Rusland studeer. Die Suid-Afrikaanse ambassade in Moskou skat hierdie getal op sowat 700 leerders. Nie net verdien die Russiese Federasie waardevolle buitelandse valuta uit hierdie uitvoer produk, te wete, hulle onderwys en opleiding nie, maar dit is ook vir Rusland 'n wonderlike geleentheid om hulle land en kultuur aan buitelandse studente bekend te stel.
Dit was wel uiters kommerwekkend om te verneem dat 'n groep van sowat 100 studente wat met geldelike steun van die Vrystaatse Provinsiale Regering aan die Russiese Vriendskaps-universiteit, of te wel, RUDN, studeer eers twee jaar in China gaan studeer het. Eers nadat hierdie studente reeds in China was het die Vrystaatse regering