Voorsitter, kragonderbreukings in die groter Tzaneen gebied is besig om op 'n ernstiger ramp af te stuur, veral in ons landbousektor, en die plaaslike munisipaliteit is totaal onbevoegd om dit te voorkom.
Die elektrisiteitsforum wat landbou, sakesektore en kundiges insluit, probeer tevergeefs sedert November 2016 om volhoubare elektrisiteitsvoorsiening te verseker. Die netwerk sluit in 160 substasies, 120 minisubstasies, 2 600 transformaters en 1 800 km netwerklyn. Dit is die hart van ons landbou in Limpopo, wat ook aan derduisende mense werkgeleenhede bied.