Mnr die Adjunkspeaker, mynbou het 'n donker kant en dit het 'n blink kant. 'n Mens kan mynbou se blink kant sien wanneer dit daartoe lei dat die
ekonomie aan die gang gesit word; dat daar werk geskep word; en dat die land waar binne dit plaasvind in werklikheid van 'n mynbou land na 'n industrile land en selfs na 'n ekonomie wat deur dienste gedryf word, oorgaan. Dit is tot 'n groot mate wat ons in Suid-Afrika sien.
Maar, die donker kant van mynbou is wanneer die delfstowwe opraak, uitgeput raak en daar 'n beskadigde omgewing agtergelaat word, en gemeenskappe wat in die steek gelaat word ... gemeenskappe wat doodgewoon in duie stort. Dit is ook iets wat in Suid-Afrika gebeur.
As ons na die twee voorbeelde kyk, kan ons s dat aan die blink kant het die mededingendheid van Suid-Afrika se beleggings land vir mynbou beleggings van 81 uit 83 lande - wat dit twee jaar gelede was - na 56 uit 83 lande gestyg, en daarvoor moet 'n mens krediet gee dat daar 'n groote mate van sekerheid van beleid is en dat dit nou afgedwing word dat stemmings oor stakings in die geheim moet geskied; met ander woorde, dat mense nie gentimideer kan word ...
'n AGB LID: Jy lieg nou!