Adjunkspeaker, die VF Plus verwerp hierdie verslag. Terwyl mens wil herken dat die Minister, vandat sy die kantoor 10 jaar gelede oorgeneem het, heelwat stabiliteit aan 'n hoogs onstabiele departement gebring het, as gevolg van ontoepaslike, hoewel idealistiese beleidsrigtings, is daar min in Basiese Onderwys om vandag oor opgewonde te wees.
Die sentrale probleem waarrondom alles wentel is die deprofessionalisering van die onderwys as 'n professie. Onderwysers word onderwerp aan 'n ouditkultuur wat
beteken dat tyd wat aan voorbereiding bestee behoort te word, gebruik word om op te teken wat hulle gedoen het, terwyl dit doogewoon is wat 'n toegewyde en professionele onderwyser behoort te doen.
Dit is nie toevallig dat hierdie ouditkultuur nodig is nie. Die rede daarvoor is die werk van die Suid- Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie, Sadou, wat 'n verderflike invloed op Basiese Onderwys in Suid-Afrika het.
In 2016 het die Volmink-verslag alreeds melding gemaak van die poste-vir- geld skandaal. U ken dit nie as 'n skandaal nie, want dit het nie die nodige aandag gekry nie.
Terwyl moedertaalonderrig erken word word dit op dieselfde tyd ondermyn. En dan kom ons by die huidige probleem wat nie as iets wat oorgerf is beskou kan word nie en dit is die lomp en geheimsinnige manier waarop die sogenaamde omvattende seksonderrig deur die departement, op die oog af, teen die begin van 2020 geimplementeer gaan word. Die probleem is dat daar 'n verslag is wat
verdoemend is op hierdie poging waarmee die departement besig is, en tog lyk dit asof die departement nie ouers, onderwysers of hierdie Huis in sy vertroue wil neem nie. Die VF Plus verwerp hierdie verslag. Baie dankie. [Tussenwerpsels.]
Afrikaans: