Chairperson, with all due respect, hon Minister of Small Business Development, I don't know you. We have never met. You are probably a nice lady, but this department is unnecessary and
senseless. How stall does the ANC think and dream by keeping this department.
Afrikaans:
Natuurlik is ons ten gunste van kleinsakeontwikkeling, maar as die President regtig daartoe verbind was om sy Kabinet meer vaartbelyn te maak, kon hy dit saam met Ekonomiese Ontwikkeling gevoeg het. In plaas daarvan, om seker te maak dat werk geskep word vir sy mense, kry mense eerder poste in die ANC-regering. Die ANC se beleid van werkskepping binne die regering beteken niks vir ons kleinsake nie.
Waar dit die rol van die Presidensie is om 'n oorsigrol in die ontwikkeling van ons ekonomie te speel en aanpassings te moet maak waar nodig, skep die ANC net nog 'n departement wat niks gaan doen nie.
English:
Honestly, all the functions and programmes that this department will be responsible for could have been merged with another.
Afrikaans:
Die VF Plus bly by sy beleid dat dit nie die regering se verantwoordelikheid is om werk te skep nie, maar om 'n gunstige
omgewing te skep - en ons hoor dit van die Minister - waar kleinsake en groot industri wil en kan ontwikkel.
English:
To the Minister of Trade and Industry, thank you. We have heard about maize milling plant. We take notice of it, but please don't let this become another Estina. We cannot have a Magashule maize milling plant.
Afrikaans:
Kleinsake is een van die belangrikste komponente van ons ekonomie. Ons wil h dat kleinsake moet groei. Ons wil h dat iemand met 'n idee om 'n behoefte te vervul, daardie idee kan uitbrei na 'n produk of diens.
Ons wil egter h dat daardie besighede moet werk en werk moet skep vir ander. Ons wil ons idees sonder regeringsinmenging implementeer. Die kleinsakeman wil net daarvan seker wees dat die regering alles in sy vermo doen om die omgewing te skep waar sy besigheid sal floreer; dat munisipaliteite hulle verantwoordelikhede nakom om dienste te lewer en infrastruktuur te bou en instand te hou; dat die polisie funksioneer en veiligheid in ons gemeenskappe verseker; dat
mense geld in hulle sakke het om te kan koop, want dan kan ons ekonomie groei en ons kleinsake kan ondersteun word.
Minister Ntshaveni, you have mentioned the private sector. They stay away from the party because of policy problems within the ANC.
Afrikaans:
Werkloosheid moet daadwerklik aangespreek word. Ons almal stem saam. Geen regering kan egter werk volhoubaar skep nie. Werkloosheid kan slegs oorkom kan word as regeringsbeleid verander word om 'n gunstige omgewing te skep waar beleggings sal plaasvind.
Werk kan ook nie deur wetgewing geskep word nie. Wetgewing wat poog om meer werkloosheid te beperk, sal lei tot verdere oorregulering wat ongunstig vir volhoubare werkskepping is.
Die VF Plus s dat arbeidswetgewing aangepas moet word om werkskepping te bevorder, terwyl billike arbeidspraktyke steeds in stand gehou moet word.
Die VF Plus is ook ten gunste van 'n jeugloonsubsidie, veral vir kleinsake, wat, indien dit korrek en billik geimplementeer word, daadwerklik hierdie uitdagings kan behandel.
Die subsidie moet egter nie aan regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging, SEB-maatrels onderwerp word nie. Werkloosheid strek oor rassegrense heen.
Daar moet ook 'n balans tussen die fondse vir hierdie subsidies en fondse vir beurse en opleiding wees. Die jeugsubsidie moet ook voorsiening maak vir die bevordering van indiensopleiding. Hiermee kan die Suid-Afrikaanse bevolking omskep word vanaf een wat van welsynstoelae afhanklik is, tot een wat die land se dryfkrag vir ekonomiese groei is.
Ons land, asook die hele Afrika-kontinent, beskik oor 'n demografiese dividend in die volgende paar jaar, weens ons jong bevolking wat aangewend kan word om grootskaalse groei te bewerkstellig.
English:
But this department is senseless and the FF Plus cannot support this department or its budget.
Xitsonga: