Agb Voorsitter, sport het in die laaste paar dekades wreldwyd in kuns sowel as in wetenskap verander. Die dae toe blote talent en oefening medaljes kon verower is baie lankal verby. Daarom het hierdie departement 'n geweldige groot rol om te speel, ten opsigte van ontwikkeling van jong sporttalent. Indien ons op internasionale vlak enigsins kompeterend wil bly, sal ons dieper moet gaan kyk om op skoolvlak reg te doen, om uiteindelik kampioene vir Suid-Afrika te verseker.
Suid-Afrika se sportprobleme l eerstens by die gebrek aan sportfasiliteite by voorheenbendeelde skole, waar die onderskeie departemente, insluitend sport en onderwys wel geld bewillig vir fasiliteite. Grotendeels word dit nou wit olifante en dan ons byvoorbeeld gaan kyk na die Fifa Legacy Project sportkompleks naby Uitenhage, waar honderde miljoene rande spandeer was met die Fifa Wreldbeker jare terug, wat totaal verwoes en onbruikbaar is.
Daar moet daadwerklik gekyk word om 'n volhoubare sportkultuur te begin vestig met opgeleide en toegewyde adminstrateurs, afrtigters en fasiliteite.
In oudmodel-C skole bestaan hierdie kultuur steeds as gevolg van skole se historiese toegang tot hulpbronne. Leerders by hierdie skole het toegang tot professionele afrigters en toerusting. As gevolg hiervan het dit'n ongelyke speelveld geword waar leerlinge van hierdie skole in verskeie sportskode steeds domineer.
'n Piramide se hoogte word bepaal deur die grootte van sy basis. Indien daar slegs 'n beperkte basis is kan geen mededingende hoogtes bereik word nie. 'n Groter fokus op liggaamsoefening en volhoubare massadeelname moet begin plaasvind. Kyk maar na die klem wat die Chinese op sportdeelname en leerlinge se fiksheid op skool plaas.
Konsentrasie en fokus het die verskil tussen wen en verloor geword. Ons kinders word al op skool vertel om te fokus en te konsentreer, wanneer dit by hul skoolwerk kom, maar nie by sport nie. Niemand leer hulle dan om doeltreffend te konsentreer nie. Soos wat kinders moet leer om Wiskunde, Wetenskap en ander vakke te kan slaag en vaardighede in sport te kan bemeester, moet hulle ook elke dag gehelp word om te fokus en te konsentreer.
Fokus en konsentrasie moet dus elke dag ingeoefen word. Waarom word dit nie gedoen nie? Die vermo om te konsentreer is van sleutelbelang vir 'n atleet om die kruin van sy vermo te kan bereik. Wanneer twee atlete met gelyke vaardighede en vermoens meeding, is dit feitlik 'n uitgemaakte saak dat die een met die beste vermo om te kan fokus en te konsentreer sal wen en sevier.
Ongelukkig ... Ek wil h u moet baie mooi luister. Onelukkig leef ons almal in 'n Suid-Afrika onder 'n baie swak ANC-regering wat self nie weet hoe om te kan fokus en konsentreer nie. Dit sien ons elke dag in die regering. Hierdie situasie veroorsaak onstabiele ekonomiese toestande wat gepaard gaan met werkloosheid en misdaad.
Sportmanne en vroue is dus daagliks onder hierdie druk asook die druk om nog te kan presteer ook. Die negatiewe politieke en ekonomiese toestande in ons land, wat deur hierdie ANC veroorsaak word het dus definitief 'n invloed op die prestasie van ons sportsterre.
Ons sportmanne en vroue is meestal groter, sterker, vinniger en meestal ook meer talentvol as ons opponente. Die realiteit is egter dat wanneer dinge nie by die huis reggaan nie, dan fokus ons ook nie 100% op ons prestasie nie.
Suid-Afrikaanse sportondersteuners behoort nie eens te wonder waarom ons spanne nie presteer soos hulle verwag word nie. Kyk maar na ons regering.
In die DA-regerende Wes-Kap, word drome 'n werklikheid, waar dienslewering plaasvind, korrupsie beveg word en sportmanne en - vroue kan begin fokus. Ongelukkig oorskadu die nasionale toestande in ons land 'n bietjie die lig wat nog in die Wes-Kaap skyn.
Laastens, wil ek vir ons nasionale spanne en individuele sportsterre wat die afgelope tyd in internasionale byeenkomste deelgeneem het, soos byvoordbveeld die Proteas, krieket- en netbalspanne, wat nou nog aan die gang is, Bafana Bafana, Banyana Banyana, en dan natuurlik ons fietsryer Daryl Impey wat in die Tour de France gewen het, dank betuig vir hul toewyding om in hierdie moeilike onstandighede in ons land, ons land te verteenwoordig. Ons is trots op julle almal - wen of verloor.
Aan ons Springbok-rugbyspan, alle sterkte en voorspoed aan julle met die Wreld Rugbybeker wat volgende maand in Japan afskop. Weet dat ons almal agter julle staan met die hoop dat ons, soos in 2005, Suid-Afrika kan verenig as die renboognasie van Nelson Mandela. Viva Bokke! [Applous.]