Hon Chairperson, Parliament is the place where all the people of South Africa are represented by different political parties, not by one, rest assured.
Afrikaans:
Ek wil ten slotte na die geloofwaardigheid van die Parlement en die integriteit van hierdie instelling verwys. U is absoluut korrek dat ons die geloogwaardigheid en die integriteit van die Parlement moet herstel. Ons het 'n laagtepunt gehad met die Nkandla-situasie in die vorige Parlement, maar ek dink die geleentheid is nou daar om dit te herstel. Van die VF Plus se
kant af, kan ek u die versekering gee dat ons ons kant sal bring om die integriteit van hierdie plek te herstel waarop die kiesers daar buite geregtig is.
Ek wil ook vir u, as Speaker, vra dat ons die verhouding wat daar behoort te bestaan tussen die hoofswepe van die Parlement en die kantoor van die Speaker herstel.
In die Vyfde Parlement het daardie verhouding tot 'n groot mate tot stilstand gekom. Ek dink dit is nie goed nie en dit is baie belangrik dat ons dit doen.
Die VF Plus is beskikbaar en bereid om ons deel te bring, soos wat ons dit gereeld doen. Ons sal nie toelaat dat hierdie plek 'n markplein word van "maybe revolutionists" [moontlike revolusioniste] nie.