Hon Chair, Minister, Deputy Minister, members, guests ...
Afrikaans:
Ek rig graag hierdie boodskap aan almal in eerbied, wie die afgelope ruk in hospitale onder vreemde omstandighede, afgesterf het. Mag hulle in vrede rus.
Die VF Plus het die afgelope tyd by verskeie medici verneem dat die Nasionale Gesondheidsversekering, NVG, Suid-Afrika se gesondheidsorg nog verder in die grond in gaan stuur. Die regering tree uiters onverantwoordelik op om te dink dat die NVG-instelling gebruik gaan word om hospitale en klinieke se infrastrukture op te bou en op te knap.
Die regering moet besef dat die NVG nie die tekort van medici gaan omdraai en verander nie, maar tot gevolg gaan h dat uiters ervare medici, wat nog hier is, Suid-Afrika op groot skaal gaan verlaat. Dan is alle drome aan skerwe en dit gaan Suid-Afrika in 'n groot krisis laat.
Stop eerder korrupsie en begin om belastingbetalers se geld meer verantwoordelik aan te wend.
'n Gebrek aan voldoende verplers gaan die uitrol van die NGV onmoontlik maak. Volgens die vakbond, Solidariteit, het 8 535 minder verpleegkundiges sedert 2013 die arbeidsmag betree. Volgens die vakbond het gekwalifiseerde verpleegpersoneel sedert 2013 met 40% afgeneem. Hoekom? Hulle is oorlaai met werkslading; hulle werk te lang ure; hulle werk onder moeilike omstandighede by die werksplek;
daar is 'n gebrek aan ondersteuning en toerusting, en daar is 'n tekort aan geld.
Kom ek vertel vandag vir u wat aan die gang is op grondvlak in ons hospitale in Suid-Afrika. Sekuriteit by hierdie instellings is landswyd so swak dat verpleegsters, dokters, studente en pasinte aangerand en selfs ook verkrag word, soos wat die afgelope tyd by die hospitaal in Bloemfontein gebeur het. By dieselfde hospitaal, skaars 'n week later, het 'n persoon van die publiek met 'n panga in sy hand opgedaag. Dit kan nie langer toegelaat word nie. Ook by hospitale in ander provinsies word pasinte, dokters en verpleegsters se lewens weens swak sekuriteit in gevaar gestel.
Ons gesondheidsorg is in totale chaos in die land! Nog drome is aan skerwe. Suid-Afrika se gesondheidstelsel is in 'n enorme krisis. Ons sit met gevalle waar pasinte in hospitale afsterf onder vreemde omstandighede. 'n Pasint word vandag opgeneem met 'n gebreekte been, maar hy mag moontlik nie lewendig uit die hospitaal kom nie. Dit is die stand van hospitale vandag in die land.
In die tydperk 2010 tot 2015 het die Gauteng se gesondheidsdepartement skikkingsbedrae van nagenoeg R540 miljoen weens nalatigheid betaal. Hierdie afgelope week het dit ook aan die
lig gekom dat die einste provinsie se departement nog 'n verdere R1 miljard se regseise in die gesig staar.
Ons het gesien wat aanleiding gegee het tot die Esidimeni-tragedie, naamlik swak bestuur van die departement en wanadministrasie. Hierdie tragedie kon vermy gewees het as daar vroegtydig teen korrupte amptenare en LURre opgetree was wat hiervoor verantwoordelik was. In 2010 reeds het die spesiale ondersoekeenheid 'n verslag hieroor uitgereik en oorhandig aan die destydse President, Jacob Zuma. Daar is die verslag. Die VF Plus het die verslag.