Die VF Plus sal graag wil sien dat die ondersoeke spoedig geloods word om sodoende te sorg dat korrupte amptenare totaal en al uitgeroei word en die straf kry wat hulle verdien.
Die VF Plus is bekommerd dat die departement in hierdie finansile jaar, 'n bedrag van sowat R193 miljoen aan die huur van nuwe vloerspasie vir 10 verskillende departemente wil
bestee. Ons wil aanvoer dat dit dalk eerder wyser vir die staat sal wees om eerder geboue aan te koop, want eiendom is 'n bate en 'n belegging vir die toekoms. Die Minister moet dalk ook gaan kyk ...