Die Minister moet dalk ook gaan kyk aan wie hierdie geboue, wat die departement wil huur, behoort, want dalk skuil daar ook 'n paar korrupsierotte wat uitgeroei kan word.
English:
Chair, the announcement by the Minister that she wants to inspect the asset register and to locate all state-owned buildings, is a bit worrying. This is an indication that the state business is not exactly in order. The upgrading of clinics, hospitals, police stations, schools and other state- owned buildings is a matter that deserves urgent attention so that we do not see repeat of tragedies that happened in the past five years like the Horskool Driehoek tragedy, the collapsing of the Charlotte Maxeke roof in Johannesburg, the burning of government buildings and offices and the burning of police flats which happened this past weekend in Johannesburg.
The FF Plus would like to see the Minister deploying structural engineers to all schools, clinics, hospitals and all other state-owned buildings to determine the current state of all these building to start with upgrading and repairs in the case when these buildings are found to be unfit for humans to visit and work in. People and children's lives needs to be protected, and the public is tired of tragedies.
Afrikaans:
Die regering se plan met die skep van megastede is 'n resep vir rampspoed, aangesien die huidige stede en dorpe nie een in stand gehou kan word nie. Die Minister het ook hieroor aangekondig dat die privaatsektor betrokke moet raak by die bou en instandhouding van infrastruktuur vir 'n tydperk van 20 jaar, waarna dit weer aan die staat oorgedra moet word.
Met die huidige toestand van munisipaliteite, waar dienslewering totaal agteruit gegaan het weens die swak bestuur en ineenstorting van infrastruktuur, soos in die geval van Mfuleni, Mogale City, Bloemfontein en ander dorpe, kan die VF Plus nie sien hoe die skep van megastede gaan help om hierdie probleem op
te los nie. 'n Goeie voorbeeld daarvan is dat die Mfuleni- stadsraad in Gauteng nie sy munisipale infrastruktuurtoelae in 'n finansile jaar spandeer nie. Dit is 'n groot kommer.
Die VF Plus is van mening dat so 'n stap bestaande stede in 'n groter gemors sal dompel as wat tans die geval is. Indien die privaatsektor nie in die Minister se voorstel gaan inkoop nie, sal hierdie plan van megastede die huidige rampspoedige situasie net vererger.
Die rooi ligte begin reeds hieroor flikker met die huidige ontwikkeling van Brickvale aan die Wesrand, waar die grond gevaarlik is vir menslike gebruik weens insinkings en dolomiet. Hierdie grond is aangekoop deur die Mogale City Munisipaliteit vir 'n bedrag van R63 miljoen, terwyl die waarde daarvan maar slegs R2,9 miljoen is.
Die megastad ontwikkeling van Daggafontein aan die Oos-Rand word ook gekenmerk deur bekommernisse vanaf die publiek wat al sedert 2017 nie aangehoor word en terugvoering gegee word nie. By beide hierdie ontwikkelings is die openbare deelnameprosesse nie reg
volgens die wet uitgevoer nie en weereens word projekte deur gestoomroller wat erge gevolge vir die toekoms kan inhou.
English:
It is good to have ideals for the future, but if one takes South Africa's current political circumstances, the mismanagement and corruption into account, it is clear that the idea of building megacities like in the United States is simply not attainable, especially not under ANC rule.
The FF plus first wants to see existing infrastructure being upgraded and properly maintained and managed before the government starts dreaming about megacities.
Afrikaans:
Ek sluit af. Dit is uiters noodsaaklik dat ons bestaande paaienetwerke die nodige aandag kry om ons padverbruikers 'n veilige netwerk te gee, om vanaf punt A na punt B te kan beweeg. Dit is ook uiters noodsaaklik dat ons skole, hospitale, klinieke en ander staatsgeboue instand gehou moet word om die verdere verval van ons infrastruktuur te bekamp.
Behuising kan nie geskep word, sonder die nodige infrastruktuur van paaie, stormwater, riool, elektrisiteit, klinieke, skole, polisiestasies en hospitale, soos wat tans in Gauteng gebeur nie. Nuwe infrastrukture, wat wel geskep word, moet in gebruik geneem word en nie soos in die geval in Gauteng waar taxi- staanplekke al voor 2014 teen 'n bedrag van R79 miljoen opgerig is en nie gebruik word nie.
Suid-Afrika moet aantreklik gemaak word vir internasionale beleggers om hul kapitaal hier te kom bel.
Kom ons ruk Suid-Afrika reg. Kom ons maak ons land aantreklik. Kom ons sit skouer aan die wiel en gryp in om verdere verval van alle netwerke te verhoed. Kom ons red Suid-Afrika. Kom ons bou Suid-Afrika. Ek dank u.