Agb Voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, agb President, Lede van die Parlement, mede Suid- Afrikaners, die President het in sy rede verwys na sy droom vir 'n nuwe era. Agb President, daardie droom kan net verwesenlik word, indien die ANC drasties van koers verander, andersins herinner dit my net aan 'n ou bekende liedjie wat s: "Dreams are good friends!"
Die werklikheid van die hier-en-nou is egter die volgende.
Eerstens, word 10 miljoen Suid-Afrikaners elke oggend wakker met die wete dat hulle nie geld of kos vir hulself of hul gesinne het nie.
Tweedens, het hulle waarskynlik ook nie die vooruitsig om 'n werk te kry nie, maar hulle moet steeds voortbeur om 'n wetsgetroue, verantwoordelike landsburger te wees.
Derdens, het ons jong mense wat wel die geleenthede het om hulself te kwalifiseer met kennis en vaardighede, geen sekerheid dat hul wel 'n werk gaan kry nie en baie van hulle verlaat die land.
Vierdens, weet die kwesbare persone in ons land, wat op toelaes moet leef, nie meer wat die begrip "bo die broodlyn" beteken nie.
Vyfdens, die wat wel 'n werk het word daagliks armer en hulle bekommer hulself oor die veiligheid van hul pensioenfondse, indien hul een het.
Verder, vakbondleiers verteenwoordig die minderheid van werkers in ons land, maar hulle veg meestal vir hul eie politieke voordele.
Laastens, di wat kapitaal het om te bel, kyk gevolglik na geleenthede buite Suid-Afrika.
English:
Mr President, the ANC's strive for a developmental state through the New Growth Path would have created five million jobs in 2020. The policy statement on developmental local government aimed to build capacity to enhance servile delivery in local communities. However, in the NCOP we witnessed various interventions in local governments due to a lack of capacity or political motivations.
In 2017, President Ramaphosa's new deal for jobs, growth and transformation set a target of 3% growth in 2018 and 5% in 2023. Costs would have also been out through a reformed Eskom as well as greater use of renewable energies. Efficient use of the public purse and structural systems are however prerequisites
for these policies to successfully contribute to economic growth.
Our state-owned enterprises, central to development and growth, however distinguished themselves in weak management, poor governance and unsustainable bailouts, with the result of widespread state capture and the direct impact on our economy.
Afrikaans:
Slegs 'n stabiele groeiende ekonomie, wat werksgeleenthede en welvaart skep, gerugsteun deur bekwame regeringsvlakke kan hoop en vertroue vir die toekoms bied.
In die Wes-Kaap, waar die DA sedert 2009 regeer, kan ons wel, nieteenstaande oorkoepelende negatiewe ekonomiese omstandighede, bewys lewer dat ons innoverende beleide en planne, gebaseer op 'n markgerigte ekonomie, 'n positiewe invloed op ons inwoners uitoefen.
'n Paar voorbeelde hiervan is dat die Wes-Kaap: 'n 14% laer werkloosheidsyfer as die res van die land het, met 508 000 nuwe
werksgeleenthede wat geskep is, wat dui op ongeveer 'n viermalige groei oor die afgelope dekade; 'n 72% suksessyfer in landbougrond hervormingsprojekte het, teenoor 'n 10% suksessyfer in die res van die land, sedert 2009, R500 miljoen spandeer het op die ondersteuning van 357 grondhervormingsprojekte en R80 miljoen word op 'n jaarlikse basis vanaf die privaatsektor hiervoor bekom; die die toon aangee met die skep van energiesekerheid en sonkraginstallasies het toegeneem vanaf 18 megawatt tot meer as 110 megawatt, hoofsaaklik deur besighede; agtien munisipaliteite maak ook reeds voorsiening dat energie teen vergoeding teruggevoer kan word in die kragnetwerk; 'n retensiesyfer van 63% vir Graad 10 tot 12 bereik het met die 2018 matrikulante, teenoor die minder as 50% in die res van die land.
English:
Not only did the DA-led Western Cape make strides in cutting unnecessary regulations for businesses, we introduced the Premier's Advancement of Youth Programme providing 750 matriculants with jobs and training every year. [Applause.]
Furthermore, we rapidly increased the delivery of basic services to above 96%.
Afrikaans:
In die Wes-Kaap word daar jaarliks inspeksies op
150 polisiestasies uitgevoer. 'n Kommissie van Ondersoek is ingestel, wat gelei het tot die promulgasie van die Wes-Kaapse Gemeenskapsveiligheidswet wat die vestiging van die kantoor van die polisieombudsman moontlik gemaak het.
Tans bedreig die toename in misdaad, veral geweldsmisdade en die gepaardgaande ontoereikende hulpbronne van die polise, die algemene veiligheid van alle inwoners, skole, besighede, toeriste. Suid-Afrika word tans beskou as een van die 20 onveiligste lande in die wreld.
Om jou beste te probeer is soms nie genoeg nie. Dan moet dit wat nodig is, gedoen word, aldus die dispuut wat deur die Wes-Kaap verklaar is om polisiring ook as 'n provinsiale funksie in te stel. 'n Professionele en gemoderniseerde polisiemag op provinsiale vlak is tans essensieel.
Alle Suid-Afrikaners verstaan tans duidelik wat Churchill bedoel het toe hy ges het, en ek haal aan: I no longer listen to what people say; I just watch what they do.
English:
Behaviour never lies. Actions speak louder than words.
Afrikaans:
Ons vra aksie vir veiligheid en ons vra aksie vir ekonomiese groei. Ek dank u. [Applous.]