Die miskenning van ons tale en kulture en die taalregte soos vervat in Hoofstuk 2 van die Grondwet, is 'n aantasting van ons menseregte. Elkeen van ons inheemse tale, wat Afrikaans insluit, het die reg op beskerming. 'n Taal is veel meer as net 'n middel tot kommunikasie. 'n Taal is jou identiteit. Die verskraling van enige taalreg, is 'n verskraling van die identiteit van daardie persoon.