Toe moes hierdie studente verplaas word na Rusland. Dit nadat hulle met groot moeite eers in Mandaryns moes studer en nou moes hulle Russies bemeester om hulle studie in Rusland te kan voltooi. Pleidooie dat hierdie studente ten minste 'n mate van erkenning vir hulle voorafstudie in China moes kry, het op dowe ore geval. Hulle moes van vooraf hulle mediese studies in Rusland begin. In die proses is hulle studieloopbane met minstens twee jaar teruggesit en is 'n groot bedrag van die Suid- Afrikaanse belastings op hierdie wanaanwending gespandeer.