'n Tweede voorbeeld is die Moskouse Instituut vir Elektriese Ingenieurswese, wat weer spesialiseer in alle velde wat verband hou met elektrisiteit. Dit sluit in die opsies beskikbaar vir die opwekking en verspreiding van elektrisiteit, maar ook verwante velde, soos die prysbeleid en ekonomiese modelle ten opsigte van ander bronne van energie. Hierdie spesialisasie in bepaalde studierigtings stel die instellings in staat om 'n onderrigkapasiteit en 'n diepte van navorsing te ontwikkkel, waarvan baie ander universiteite maar net kan droom.