Ons weet dat daar in realiteit werkgewers is wat hul werkers in kwesbare sektore soos huiswerkers en tuinwerkers, asook plaaswerkers waardeer en hulle meer as die voorgestelde minimumloon betaal, en dat hulle nie die lone sal verlaag nie. Ons bedank hulle daarvoor, maar ons weet ook dat die teendeel ook waar is, dat daar baie werkgewers is wat geweet het dat die nasionale minimumloon R20 per uur sal wees en hulle alreeds voor die implementering daarvan die lone van die werkers verlaag het. Hulle het diegene wat hulle nuut aangestel het, ver onder die nasionale minimumloon aangestel.