Die oorsaak van ons ekonomiese agteruitgang het dus te doen met die maatstaf van sukses. Wat is die maatstaf wat die VF Plus gebruik? Ons sien sukses as 'n proses gebaseer op meriete en eindproduk of diens wat kan kompeteer met die beste in die wreld. Die ANC sien sukses as 'n transformasieproses en eindproduk of diens waaraan die korrekte aantal swart persone moes deelneem, ongeag of dit werk of nie werk nie.