Hon Brink, just take ... Let's allow her to have her mic on.
Afrikaans:
Baie dankie.
Minister, Eskom dreig om teen volgende week beurtkrag binne werksure toe te pas in die Mamusa munisipaliteit in die Noordwes. Dit sal rampspoedige ekonomiese en maatskaplike gevolge h vir die gemeenskappe van Ipelegeng and Schweizer-Reneke, selfs diegene wat wel hul munisipale rekeninge betaal.
Die Mamusa munisipaliteit skuld Eskom sowat R80 miljoen, en dit terwyl die Dr Ruth Segomotsi Mompati distriksmunisipaliteit vir die munisipaliteit omtrent R20 miljoen skuld. So die distrik skuld die munisipaliteit omtrent R20 miljoen.
My vraag is, wat is die advies van die Minister aan die inwoners van Mamusa wat wel hul munisipale rekeninge
betaal en wat geaffekteer gaan word as die krag volgende week afgesit gaan word. Dankie.
IsiZulu: