House Chairperson ...
Vir meer as 'n dekade lank het ons land Suid-Afrika 'n nuwe demokrasie ervaar. Die vraag ontstaan dus of hierdie regering suksesvol is sodat sy mense aanspraak kan maak op daardie konstitusionele regte wat hulle toekom, veral omdat Menseregtedag korrespondeer met Nasionale Waterweek.
Ons tema is Water is lewe - Bewaar dit, Respekteer dit, Geniet dit, maar vir die mense in die Noordwes, waar my kiesafdeling is, en veral in Wolmaranstad, Sannieshof, Lichtenburg en Tlokwe, is dit net 'n droom. Dit is doodeenvoudig 'n droom waar die ANC besig is om op te mors waar hy regeer. Die Ouditeur-Generaal het bevind dat R25 biljoen verloor is weens onrelmatighede en vrugtelose spandering deur die nasionale en provinsiale regerings. Die hoofrede hiervoor was as gevolg van swak politieke leierskap. Dit is interessant, wanneer jy goeie politieke leierskap wil sien, kyk gerus na Midvaal en na die munisipaliteite waar die DA in die Wes- Kaap regeer. [Tussenwerpsels.] Dan moet ons ook nie munisipaliteite soos Nama Khoi, Hantam, Karoo Hoogland en Thembelihle in die Noord-Kaap, waar Cope en die DA saam regeer, vergeet nie. [Tussenwerpsels.]
Die Noordwesprovinsie is die grootste sondebok. Van hierdie R25 biljoen, is R4,1 biljoen die drein af. Die Ngaka Modiri Molema-distriksmunisipaliteit het ons mense gefaal ten opsigte van basiese menseregte. Sannieshof is konstant sonder water, agt keer minder as die gewone verbruik. Twee en sewentig persent van ons water gaan verlore vanwe lekkasies.
In Delareyville is daar 'n totale ondervoorsiening van water. Twee weke gelede was Delareyville vir meer as 'n week sonder 'n druppel water. Verlede week het 'n brandkraan op die hooftoevoerlyn gebreek. Water het uit die reservoir gestroom. Daar was geen bystand van die Tswaing- munisipaliteit nie. 'n Stuk houtstomp is in 'n stukkende kraan gedruk om hierdie water te stop.
In Atamelang was daar geen water vir agt maande nie, nieteenstaande die feit dat Atamelang 20 jaar vooruit genoegsame watervoorsiening op die Integrated Development Plan, IDP, [Gentegreerde Ontwikkelingsplan] het nie. Kom besoek gerus plekke soos Deelpan en Kopela, wat in my kiesafdeling is, waar daar gereeld pompe buite werking is. In Lichtenburg is daar 21 boorgate waarvan slegs nege toegerus is. Die distrik het ons gefaal. Tlokwe, waar die ANC nie twee dae regeer het nie, het sonder water gesit.
As en wanneer ons onself tot daardie waardes en norme verbind, dit terug kan bring, en ons mense se menswaardigheig en daardie basiese regte respekteer, dan alleenlik kan ons s dat ons met trots Menseregtedag sal waardeer en vier. Gee vir ons water in Ngaka Modiri Molema-distrik in die Noordwesprovinsie sodat ons met vreugde Menseregtedag kan vier. Baie dankie. [Applous.] (Translation of Afrikaans paragraphs follows.)
[For more than a decade our country, South Africa, has been experiencing a new democracy. The question is thus whether this government is successful so that its people can lay claim to those constitutional rights which belong to them, especially because Human Rights Day corresponds with National Water Week.
Our theme is Water is life - Preserve it, Respect it, Enjoy it, but to the people in North West, where my constituency is, and especially in Wolmaranstad, Sannieshof, Lichtenburg and Tlokwe, this is only a dream. Where the ANC is governing and mismanaging things it simply remains a dream. The Auditor-General has found that R25 billion was lost due to irregular and fruitless expenditure by the national and provincial governments. The main reason for this was due to weak political leadership. It is interesting that if you want to see good political leadership, please look at Midvaal and at municipalities where the DA is governing in the Western Cape. [Interjections.] Then we also must not forget about municipalities like Nama Khoi, Hantam, Karoo Hoogland and Thembelihle in the Northern Cape, where Cope and the DA are governing together. [Interjections.]
The North West province is the biggest culprit in this regard. Of this R25 billion, it wasted R4,1 billion. The Ngaka Modiri District Municipality failed our people regarding their basic human rights. Sannieshof is constantly without water, eight times less than the normal consumption. About 72% of our water is lost due to leakages.
In Delareyville there is a total undersupply of water. Two weeks ago Delareyville was without a drop of water for more than a week. Last week a hydrant on the main supply line broke. Water streamed from the reservoir. No support was given by the Tswaing municipality. A piece of a wooden stump was forced into a broken tap in order to stop the water.
Despite the fact that Atamelang had sufficient water provision for 20 years in advance in terms of the Integrated Development Plan, IDP, it had no water for eight months. Please visit places like Deelpan and Kopela, which are in my constituency, where pumps are regularly out of order. In Lichtenburg there are 21 waterholes, of which only nine are equipped. The district has failed us. Tlokwe, where the ANC did not even govern for two days, was without water.
If and when we commit ourselves to those values and norms, and if we can bring them back and respect our people's human dignity and basic rights, only then can we say that we can appreciate and celebrate Human Rights Day with pride. Give us water in the Ngaka Modiri Molema district in the North West province so that we can celebrate Human Rights Day with joy. Thank you very much. [Applause.]]