Dit is nie verbasend nie, want infrastruktuur is van kardinale belang vir ekonomiese vooruitgang. Dit is tog ontbeerlik om ekonomiese groei te stimuleer en bevorder. Mnr Mboweni het aangedui dat 'n geraamde R865 miljard oor die volgende drie jaar op openbare infrastruktuur bestee gaan word.