Swaarverdiende belastinggeld en baie duur buitelandse lenings befonds tans Suid-Afrika se gekraakte albasterfles wat veronderstel is om stabiliteit, gelykheid en vooruitgang te weeg te bring. Hierdie fles met krake van onbevoegde amptenare, korrupte politici, onvoldoende gevolgbestuur en swak beplanning tap die fles leeg.