Voorsitter, ek stel sonder kennisgewing voor:
Dat die Raad daarvan kennis neem -
(1) dat die Nuwe NP met genoegdoening kennis geneem het van die aankondiging, gedoen deur die Voorsitter van die Mediese Navorsingsraad, dr Makgoba, dat 'n belangrike mylpaal in die stryd teen MIV/Vigs behaal is, deurdat 'n entstof teen die C-stam van die MI-virus in Suid-Afrika deur navorsers ontwikkel is, en dat reeds vroeg aanstaande jaar met toetse in Suid-Afrika begin sal word;
(2) dat na 'n lang tydperk van verwarring en onsekerheid oor onder andere die oorsaak van Vigs in Suid-Afrika dit werklik 'n welkome ligpunt is wat moontlik Suid-Afrika se beeld ten opsigte van hierdie aangeleentheid drasties sal verbeter en aan die wreld toon dat Suid- Afrika se mense tog glo dat Vigs deur die virus veroorsaak word; en
(3) dat die Nuwe NP die hoop uitspreek dat na die geskatte tydperk van drie tot vyf jaar wat dit sal neem om hierdie tegnies ingewikkelde entstof te ontwikkel, dit tog in 'n magtige wapen sal ontwikkel om uiteindelik die oorlog teen die pandemie te wen. (Translation of Afrikaans draft resolution follows.)
[Dr P J C NEL: Chairman, I move without notice:
That the Council notes -
(1) that the New NP has noted with satisfaction the announcement by the Chairperson of the Medical Research Council, Dr Makgoba, that an important milestone has been reached in the fight against HIV/Aids in that a vaccine against the C-base of the HI virus has been developed by researchers in South Africa and that testing will begin in South Africa early next year;
(2) that after a long period of confusion and uncertainty about, inter alia, the cause of Aids in South Africa, this is truly a welcome ray of light which could dramatically improve South Africa's image with regard to this matter and show the world that South Africa's people indeed believe that Aids is caused by the virus; and
(3) that the New NP expresses the hope that after the estimated period of three to five years which it will take to develop this technically complex vaccine it will develop into a powerful weapon to eventually win the war against the pandemic.]