Speaker, ek gee hiermee kennis dat ek op die volgende sittingsdag van die Raad namens die DA sal voorstel:
Dat die Raad -
1) die kontraktering van jong belowende sportlui in Suid-Afrika deur die sogenaamde ryk sportunies in Suid-Afrika debateer; en
2) kennis neem dat -
a) dit nie bevorderlik vir sportontwikkeling is nie;
b) dit nie noodwendig tot die volle ontwikkeling van die tiener as mens lei nie;
c) dit ontwikkeling van sport op die platteland verhinder; en
d) dat dit ontwikkelende jong sportlui van geleenthede in 'n oopgedrewe samelewing ontneem. (Translation of Afrikaans notice of motion follows.)