Die argumentering dat die Grondwet bepaal dat daar slegs een polisiemag mag wees en derhalwe moet die Skerpioene ontbind word en `n nuwe eenheid binne die polisiediens gevorm word, is dus ongegrond en verkeerd. Met die aanloop tot die 51ste nasionale kongres van die ANC toe spog die ANC oor die suksesse van die Skerpioene by hul konferensiegangers en word dit voorgehou as deel van die suksesse van die ANC in die bekamping van misdaad. Dieselfde regerende ANC, kom egter met die volgende kongres en s: