Die rasionaal vir die ontbinding van die Skerpioene is nie `n merietebesluit deur die ANC nie, maar `n politieke besluit gebaseer op `n foutiewe interpretasie van die Grondwet van Suid-Afrika. Dit is ook duidelik dat die politieke gesindheid van die ANC teenoor die Skerpioene van aanprysing in 2002 verander het na `n dringendheid van vernietiging in 2007. Hierdie dringendheid van vernietiging kan nie anders wees as politieke weerwraak teenoor politieke opponente nie.