Voormalige President Mbeki het in hierdie Parlement ges dat die nuwe eenheid beter moet wees as die bestaande Skerpioene. Die werklikheid is egter dat met die nuwe Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke gaan die kern van vervolgingsgedrewe ondersoeke verlore; juis dit wat die kern van die sukses van die Skerpioene was. Die nuwe eenheid is beslis nie beter as die Skerpioene nie; inteendeel, hulle is slegter daaraan toe.