Met die eerstelesingsdebat van hierdie wetsontwerp het die agb Carrim ges dat die mense van Suid-Afrika 'n geleentheid gegee sal word om hul menings te gee. Met die aanvang van die portefeuljekomitee se sittings het die agb Maggie Sotyu vir die media ges dat dit nie saak maak wat die mense s nie, maar dat die besluit van Polokwane deurgevoer sal word. Dit is presies wat vandag gebeur. Dit is net die suiker om die bitter pil vir die wysigings wat aangebring is. Die Polokwane-besluit word nou in wese gemplementeer. Mevrou die Speaker, met die aanvaarding van hierdie wysigingswetsontwerpe is die wetsgehoorsame mense van Suid-Afrika die verloorders en die misdadigers is die wenners. Die VF Plus ondersteun nie die twee wysigingswetsontwerpe nie en maak ernstig beswaar daarteen. [Applous.] (Translation of Afrikaans speech follows.)