Agb Voorsitter, die hele kwessie van naamsveranderings val onder hierdie departement. In di stadium is daar heelwat verwarring in die land oor presies hoe dit gehanteer word.
Die Potchefstroomse munisipaliteit het aangekondig dat hy mreoggend 'n groot vergadering gaan rel om 'n belangrike aankondiging te maak oor naamsverandering. Wat dit behels, weet ons nie, en dit raak die departement nie direk nie, want dit val nie direk daaronder nie. Myns insiens is die departement wel oorkoepelend daar om te sorg dat dit ordelik geskied.
Die VF Plus is bekommerd daaroor dat dit tot op hierdie stadium op 'n ad hoc-basis van punt tot punt geskied sonder dat die nodige oorlegpleging gedoen word. As daar mre 'n aankondiging van die stadsraad kom, is dit weer eens waarskynlik verkeerd omdat die korrekte prosesse nie gevolg is nie.
Omdat die departement nog nie finale besluite geneem het nie, gaan die VF Plus nie teen die begroting stem nie, maar ons wil wel hierdie saak onder u aandag bring, want ons glo dit het die potensiaal om in die toekoms groot probleme te veroorsaak. (Translation of Afrikaans declaration of vote follows.)