Agb Voorsitter, die agb Minister is baie lief daarvoor om die boere daarvan te beskuldig dat hulle as grondeienaars uit hulle pad gaan om grondhervorming in Suid-Afrika te benadeel en te vertraag. Ek het 'n amptelike vraag aan die agb Minister in hierdie Huis gevra oor die grondeise wat oor die afgelope drie finansile jare toegestaan is. Die agb Minister het my geantwoord en aangedui dat meer as 24 000 eise deur die departement uitbetaal is en amper R4 miljard is daarop gespandeer. Die agb Minister het ook ges dat nie een enkele eis teengestaan is nie. As dit die antwoord is van die agb Minister, dan mislei sy die publiek wanneer sy die indruk probeer skep dat dit die boere en die grondeienaars is wat grondhervorming wil vertraag. Sy moet kyk na haar eie departement se onbeholpenheid soms met sekere grondeise.
Die departement het belastinggeld gebruik om 'n veldtog teen boere te loods in Desembermaand en dit was 'n uiters groot belediging vir die boere. Anders as die DA, sal die VF Plus, net op grond van die feit dat u belastingbetalergeld gebruik om 'n advertensieveldtog te voer teen boere en hul integriteit daarmee aangetas het, nie hierdie begrotingspos ondersteun nie. (Translation of Afrikaans declaration of vote follows.)
[Mr P J GROENEWALD: Hon Chairperson, the hon Minister loves to accuse farmers that they, as landowners, are going out of their way to impair and delay land reform in South Africa. I posed an official question to the hon Minister in this House about the land claims which were sanctioned over the past three financial years. The hon Minister answered me and indicated that more than 24 000 claims had been paid out by the department and that almost R4 billion had been spent on that. The hon Minister also said that not a single claim had been opposed.
If this is the answer of the hon Minister, then she is misleading the public when she tries to create the impression that it is the farmers and landowners who want to delay land reform. She should look at her own department's ineptitude at times with certain land claims.
The department used taxpayers' money to launch a campaign against farmers in December and it was a very grave insult to farmers. Unlike the DA, the FF Plus will not support this Budget Vote, solely on the grounds that you used taxpayers' money to conduct an advertising campaign against farmers and thereby tarnished their integrity.]