Dankie, mev die Voorsitter. Ek gee hiermee kennis dat ek namens die Demokratiese Alliansie by die volgende sitting van die Raad die volgende mosie gaan stel:
Dat die Raad -
1) met skok kennis neem van die onaanvaarbare toestande wat steeds heers in die Plaaslike Munisipale Raad van Mbombela in Nelspruit, hoofstad van Mpumalanga;
2) kennis neem dat ondanks -
a) talle pogings die afgelope twaalf maande, sedert Februarie 2007;
b) herhaalde vermanings van die DA-raadslede;
c) my eie toesprake, versoeke en onderhoude met die provinsiale en nasionale leierskap; en
d) uiteindelike ingrypings van die provinsiale wetgewer ingevolge artikel 139 van die Grondwet -
die Mbombela-raad steeds lamgel is weens onduidelikheid oor die wyse en besondhede van die beoogde ingrypings en die gevolglike minagting van raadsbesluite deur mnr Dladla, die munisipale bestuurder; en
3) die agb Voorsitter van die Raad derhalwe versoek om opdrag te gee aan die betrokke Gekose Komitee om 'n dringende in sito-besoek aan Nelspruit te bring en om toe te sien dat sake genormaliseer word om dienslewering te herstel. (Translation of Afrikaans notice of motion follows.)
[Mr A WATSON: Thank you, Madam Chairperson. I hereby give notice that at the next sitting of the Council, I will move the following motion on behalf of the DA:
That the House -
1) notes with horror the unacceptable conditions which still prevail in the Mbombela Municipality in Nelspruit, the capital of Mpumalanga; 2) notes that despite -
a) various attempts over the past twelve months, since February 2007;
b) repeated warnings by DA councillors;
c) my own speeches, requests and interviews with the provincial and national leadership; and
d) eventual interventions by the provincial legislature in terms of section 139 of the Constitution -
the Mbombela Council continues to be incapacitated because the process and details about the planned interventions were unclear, resulting in municipal manager Mr Dladla's disregard for council decisions; and
3) therefore requests the hon Chairperson of the Council to instruct the concerned select committee to pay an urgent in sito visit to Nelspruit to ensure that matters are stabilised and service delivery is reinstated.]