Dankie, Mev die Speaker. Agb Minister, die DA stem saam dat daar beter kordinasie om meer effektiewe dienslewering te verseker, nodig is. Ons stem daarmee saam.
Die DA stem egter nie saam dat portefeuljekomitees oorsig uitoefen oor ander portefeuljekomitees se werk nie en ek glo dit sal in die verslag - ons sien uit na die verslag en ons sal sekerlik daaraan aandag gee. Ek wil graag een punt maak en dit is dat portefeuljekomitees kom tans nie eers by hul eie oorsigwerk uit nie. Minister, die antwoord l daarin dat Ministers en departemente diensleweringsteikens gestel word en indien hulle nie daarby kan hou nie, moet die skuldiges vervang word. My vraag aan u, Minister, is wat doen die Regering om diensleweringsteikens te behaal en is die Minister bereid om die Staatsdienskommissie te versoek om 'n volledige ondersoek in die verband te doen en 'n verslag uit te bring? Ek dank u.