Voorsitter, die ANC sal hierdie begrotingspos steun. Die rede hiervoor is dat ons 'n verantwoordelike party is. Daar is geen manier waarop die ANC nee kan s vir hierdie begroting nie. Ek weet nie waarom die ander partye so 'n groot bohaai maak nie. Die departement werk saam met ons. Verlede week Dinsdag het die departement ons kom toespreek oor die besware wat julle het. Waarom kom julle nie vergadering toe en kom luister na die departement s nie? Vir julle inligting, al agt die tronke gaan gebou word. Die eerste tender, Kimberley- gevangenis s'n, is al reeds uit.
Waarom huil julle? S my asseblief sodat ek julle kan help met die nodige inligting. Die ANC steun hierdie begrotingspos. Dankie. [Applous.]