Voorsitter, die kwaliteit van dienslewering op plaaslike regeringsvlak hang af van die kwaliteit en die kundigheid van die betrokke munisipale bestuurder. Die agb lid mev Yengeni raak hier liries oor die Vryheidsmanifes en hoe wonderlik dienste op plaaslike regeringsvlak is, maar ek verstaan nie. As ons gaan kyk na die situasie op plaaslike regeringsvlak, sien ons plaaslike regerings is besig om in duie te stort, juis as gevolg van swak munisipale bestuurders wat nie bevoeg is om hul werk te doen nie.
'n Tipiese voorbeeld kan gevind word in die stadsraad van Matlosana, wat Klerksdorp, Stilfontein en Hartebeesfontein insluit. Daardie stadsraad, wat deur die ANC beheer word, het 'n munisipale bestuurder aangestel wat deur 'n ouditverslag skuldig bevind is dat hy by 'n vorige munisipaliteit vrugtelose uitgawes aangegaan het en dat hy mense met 'n kriminele rekord aangestel het, en dat daar dissiplinr teen hom opgetree moet word. Maar die ANC stel nog steeds die persoon aan, om maar net met sy onbevoegdheid nou op 'n nuwe stadsraad te gaan toepas. Dit is onaanvaarbaar. [Time expired.] (Translation of Afrikaans speech follows.)
[Mr P J GROENEWALD: Chairperson, the quality of service delivery at local government level depends on the quality and expertise of the municipal manager concerned.
The hon member Mrs Yengeni is getting lyrical here about the Freedom Charter and how wonderful services are at local government level, but I do not understand. If we go and look at the situation at local government level, we see that local governments are collapsing, specifically because of weak municipal managers who are not competent to do their work.
A typical example is to be found in the City of Matlosana, which includes Klerksdorp, Stilfontein and Hartebeesfontein. That city council, controlled by the ANC, appointed a municipal manager who had been found guilty, by way of an audit report, of incurring unnecessary expenditure and appointing people with a criminal record, and it was recommended that disciplinary steps be taken against him. But the ANC went ahead and appointed this person, only to have him exercise his incompetence in a new city council. This is unacceptable. [Time expired.]]