Baie dankie, agb Voorsitter. [Tussenwerpsels.] Hierdie vissers, wat reeds 'n klomp jare gekneus is, is verder gekneus. Ek praat van vissers van die vierde generasie wat hulleself opgewerk het. Hulle het hul eie bote, hulle het hul eie mannekrag; hulle is tradisionele vissers. Hulle ken net die viswaters, en hier in die Wes-Kaap is hulle benadeel deur die DA-regering, wat vandag s dat hy vir hulle omgee. [Tussenwerpsels.]
Wys my die omgee. Wys my die suksesvolle omgee. Waar het u iets gemplementeer? Ons, as die ANC-regering, kan wys waar ons planne gemplementeer het, want ons moet nou ingryp in Laingville, en in Kalkbaai. Ons moet nou ingryp in Paternoster. Dit is ons mense, want ons het in armoede grootgeword. [Tussenwerpsels.] Daardie DA-raad sal van die ANC- regering hoor.
Ek wil ook iets s oor die agterstand wat hier genoem is ten opsigte van die kleinboere. Ja, dit is regtig gerieflik as 'n mens 'n vet salaris verdien en 'n vet bord kos elke aand het, en dan hier kom praat oor ons kleinboere. [Tussenwerpsels.] Tien kleinboere op meentgrond moet nou een plaas deel wat van een bevoordeelde, bevoorregte boer af kom. Kleinboere!
Wanneer ons oor ons kiesafdelings praat, praat ons uit ondervinding. Ons suig dit nie uit ons duime nie. Ons is daar op die grond. Ons leef dr, tussen die armoede. Ons kom noem dit nie hier ... [Tussenwerpsels.] Die ANC ondersteun begrotingspos no 26. [Tyd verstreke.] [Applous.] (Translation of Afrikaans paragraphs follows.)
[Ms M N PHALISO: Thank you very much, hon Chairperson. [Interjections.] These fishermen, who have been bruised over the years, were further bruised. I refer to fishermen of the fourth generation who bettered themselves. They have their own boats, their own manpower; they are traditional fishermen. They only know the fishing waters, and here in the Western Cape they were done an injustice by the DA government, who today tells them that they care for them. [Interjections.]
Show me the care. Show me the success of that caring. Where did you implement anything? We, as the ANC government, can indicate where our plans were implemented, because we now have to intervene in Laingville, and in Kalk Bay. We must now intervene in Paternoster. These are our people, because we grew up in poverty. [Interjections.] That DA council will hear from the ANC government.
I also wish to say something about the backlog mentioned here regarding the small farmers. Yes, it is really convenient when one earns a large salary and gets a large plate of food every evening, and then you come here and speak about small farmers. [Interjections.] Ten small farmers on communal land must now share one farm which belonged to one privileged, entitled farmer. Small farmers!
When we refer to our constituencies, we talk from experience. We do not fabricate. We are there on the ground. We live there, in poverty. We don't mention it here ... [Interjections.] The ANC supports the Budget Vote No 26. [Time expired.] [Applause.]]