Voorsitter, baie dankie vir die voorreg om deel te kan neem aan hierdie debat. Ek wil reageer op wat die laaste spreker, agb Van Schalkwyk, ges het, naamlik dat die plattelandse gemeenskappe deel van die ontwikkeling van biblioteke moet vorm.
Ek wil daarop antwoord deur te s dat die burgers van Suid-Afrika hul vertroue geplaas het in elke lid wat in hierdie Huis bymekaarkom. Dit is daardie vertroue wat daartoe gelei het dat ons almal deur die hoogste regter van die land ingesweer is om die regte van ons mense te verdedig.
Een daarvan is, agb Van Schalkwyk, dat ons samesprekings moet voer met die lid wat die Minister van Kuns en Kultuur is. Ons moet s hoeveel biblioteke in ons kiesafdeling is, wat die tekortkominge is en wat verander moet word. Dit help nie ons kom kla elke keer hier, maar ons doen niks aan die saak nie.
Vandag, nadat ek nou min of meer sewe jaar in die Parlement is, hoor ek dat die opposisie min of meer in dieselfde rigting as die ANC praat.
Ek sien ook van die minderheidsparty se kant verskil die VF Plus van julle. Dit het ek ook nie geweet nie. Vandag sien ek, agb lid Van den Berg, dat hulle met julle verskil, as die DA. Ek wil ook vir die agb Mulder s dat hy meer na die komitee toe moet kom om sy standpunt te stel. Daardie standpunt is om die vinger eers na uself te wys en te vra of u 'n verandering in Suid- Afrika wil maak om die nasie te bou.
Ons het Vrydag in Pretoria by die Uniegebou bymekaar gekom. Ander partye het aan die debat oor vryheid deelgeneem. Ek moet s, en julle gaan miskien vandag dink ek is rassisties, ons broers en susters van die anderkant - die sogenaamde witmense - moet meer na hierdie tipe funksies toe kom om 'n voorbeeld te stel. Dan sal die mense van Suid-Afrika sien dat hierdie land regtig probeer om 'n nasie te bou. [Tussenwerpsels.]
Ek kan nie ander mense se kinders leer wat respek is as ek nie in my eie huis begin nie. Ek moet eers in my huis begin. Voordat ek vinger wys, moet ek dit doen. U wat 'n partyleier is of aan daardie party behoort, moet vir die mense buitekant Suid-Afrika wys dat ons bereid is om al die nasies bymekaar te bring.
Ek wil nie verder uitbrei nie, want dit gaan baie van my tyd opneem. Ek wil vir die meeste partye wat aan die debat deelgeneem het, s dat u opbouende kritiek en nie afbrekende kritiek nie, gegee het. U het dit gedoen om die ANC-beheerde regering op sy tone te hou. Al manier hoe ons vorentoe gaan beweeg, is om te s wat verkeerd is, maar ons moet ook voorstelle maak.
Agb Van den Berg, jy moet nie hier kwaad kom stook nie. Ek wil direk na my toespraak gaan. Ek het vandag simbole en dokumente gebring wat ons na ons kiesafdelings toe moet neem. Dit is die Grondwet, die nasionale volkslied en ook die nasionale simbole, maar die belangrikste is die vlag van ons land. [Applous.] (Translation of Afrikaans paragraphs follows.)
[Ms L N MOSS: Chairperson, thank you very much for the opportunity to participate in this debate. I want to respond to what was said by the previous speaker, hon Van Schalkwyk, namely that the rural communities must be included in the development of libraries.
I want to respond to that by saying that the citizens of South Africa have put their trust in each and every member in this House. It is this trust that resulted in all of us being sworn in by the highest judge in the country in order to defend the rights of our people.
One of these, hon Van Schalkwyk, is for us to have discussions with the member who is the Minister of Arts and Culture. We have to indicate how many libraries are in our constituencies, what the shortcomings are and what needs to be changed. There is no point in us always complaining here, but not doing something about the matter.
Today, after having been in Parliament for more or less seven years, I hear that the opposition is talking in more or less the same direction as the