Chair ... die VF Plus neem met kommer kennis van die drastiese toename in die aantal plaasaanvalle en -moorde sedert die begin van die jaar. Die Suid-Afrikaanse regering behoort daarom ernstig kennis te neem van die verklaring oor partygrense heen in die Europese Parlement, waarin protes aangeteken is teen die onaanvaarbare golf van plaasmoorde wat in Suid-Afrika plaasvind. 'n Verklaring onderteken deur 48 Europese parlementslede vanuit 19 lidlande en verteenwoordigend van 7 verskillende politieke formasies - sosialiste, liberales, Christen- demokrate, ander formasies en selfs een uit kommunistiese geledere - is 'n bewys van hoe ernstig Europa hierdie veragtelike en haglike situasie in Suid-Afrika ervaar.
Suid-Afrika skuld hierdie Europese parlementslede erkenning vir hul uitgesproke kritiek oor die situasie in ons land wat niemand meer langer kan duld nie. Die regering behoort hierop te reageer deur plaasaanvalle 'n prioriteitsmisdaad te maak.
Suid-Afrika moet ook met kommer kennis neem van die sogenaamde "tweede transformasie", voorgehou deur die ANC vir hul komende beleidskongres, waarin die grondkwessie vooropgestel word en wat wenkbroue ernstig laat lig. Dr Pieter Mulder, leier van die VF Plus, se toespraak oor die grondkwessie is dus nou belangriker as ooit. (Translation of Afrikaans paragraphs follows.)
[The FF Plus notes with concern the drastic increase in the number of attacks on farms and murders of farmers since the beginning of this year. The South African government should therefore seriously take cognisance of the statement across party lines in the European Parliament, in which objections were raised concerning the unacceptable wave of farm murders occurring in South Africa. A declaration signed by 48 members of the European Parliament from 19 member states and representative of seven different political persuasions - socialists, liberals, Christian democrats, other persuasions and even one from the ranks of the communists - is proof of the seriousness with which Europe regards this contemptuous and precarious situation in South Africa.
South Africa must give credit to these European members of Parliament for their avowed criticism of the situation in our country, which nobody should tolerate any longer. The government ought to react to these farm attacks by declaring them priority crimes.
South Africa should also note with concern the so-called "second transformation" which the ANC's championing for their upcoming congress on policy, in which the issue concerning land is prioritised. This is serious cause for concern. The speech of Dr Pieter Mulder, leader of the FF Plus, with regard to the land issue is therefore more important now than ever before.]