Voorsitter, by die volgende sitting van die Raad sal ek namens die DA voorstel:
Dat die Raad -
1) kennis neem van die dringendheid om die gevaar van suurmynwater aan te spreek, wat in die Witwatersrand besig is om een van die mees sprekende voorbeelde van onbevoegdheid in die regering te word;
2) verder kennis neem dat 'n jaar gelede voorspel is dat die mynwater in Februarie 2012 die omgewingskritieke vlak sou bereik en in die Boksburgse middestad sou begin uitloop;
3) erken dat as Western Utilities Corporation se voorstel in 2009 aanvaar was sou daar verlede jaar begin kon word om die water uit te pomp en te suiwer, waarvan die kapitaalkoste R1,52 miljard sou wees wat deur di Londen firma gedra sou word;
4) verder erken dat as gevolg van die regering se traagheid om die saak te hanteer, gaan dit nou die belastingbetaler R3,5 miljard kos en sal dit een van die beste voorbeelde wees waar die regering die land se mense in die steek gelaat het; en
(5) 'n dringende ondersoek na suurmynwater aanvra om die omvangryke gevaar te voorkom. (Translation of Afrikaans notice of motion follows.)
[Mr H B GROENEWALD: Chairperson, I hereby give notice that on the next sitting day of the Council I shall move on behalf of the DA:
That the Council -
1) notes the urgency of addressing the danger of acid mine drainage in the Witwatersrand, which is becoming one of the most telling examples of ineptitude in government;
2) further notices how it was predicted one year ago that this mine water would reach an environmentally critical level by February 2012 and would proceed to spill out into the Boksburg CBD;
3) acknowledges that, if the 2009 proposal by Western Utilities Corporation had been accepted, pumping out and purifying the water could have commenced last year, with the London firm bearing the capital cost of R1,52 billion;
4) further acknowledges that, due to the government's inertia in dealing with the matter, it will now cost the taxpayer R3,5 billion, with this becoming one of the best examples of government leaving the people of this country in the lurch; and
5) requests an urgent investigation into acid mine drainage in order to prevent this extensive danger.]