Agb Voorsitter, die VF Plus verwerp die aanstellings wat die parlementre Portefeuljekomitee oor Kommunikasie in die SABC-raad gemaak het. Al die aanstellings was ANC-voorkeurkandidate. Dit beteken dat die ANC sy greep op die SABC verder versterk het, en dit is 'n kommerwekkende tendens, spesifiek beskou teen die agtergrond van die komende plaaslike verkiesing.
Die ANC se stoomroller van aanstellings in die SABC se raad het 'n lang geskiedenis. Die VF Plus se vorige verteenwoordiger in die parlementre Portefeuljekomitee oor Kommunikasie, Dr Pieter Mulder, 'n leier van die VF Plus, het in 2007 uit die komitee gestap aangesien die ANC sy meerderheid in die komitee gebruik het om aanstellings van die SABC-raadslede deur te stoomroller. Hy het by di geleentheid ges dat opposisiepartye deur die ANC misbruik word om legitimiteit aan 'n onaanvaarbare prosedure te gee.
En nou weer, net soos met die vorige aanstelling van die raad in 2009, toe die ANC kwansuis die opposisie se kandidaat in ag geneem en haar selfs aangestel het, het die ANC sy eie kandidate aangestel. Hierdie nuwe aanstellings is weer eens 'n bewys dat die ANC nie vertrou kan word nie. Die vraag wat 'n mens jou onwillekeurig wil afvra, is of die ANC vir almal in Suid-Afrika regeer, of net vir sy eie kaders. Minderhede word al hoe meer op die kantlyn geskuif.
Dit bring 'n verdere vraag na vore, en dit is waarom die ANC toelaat dat rasse-ideolo soos mnr Jimmy Manyi spasie gegee word om beleid te maak wat gemeenskappe polariseer, en ook waarom die SABC-raad nie meer verteenwoordigend van minderhede in Suid-Afrika in die geheel is nie. Waarmee is die ANC eintlik besig?
Die ding is, as julle konflik wil h, wees verseker dat julle dit gaan kry, maar dis tog in niemand se belang aan die einde van die dag nie. Die party sal die werksaamhede van die SABC-raad - wat eintlik nou 'n ANC-raad is - dophou, en sal nie skroom om verdere stappe te neem indien die ANC die SABC vir eie gewin probeer gebruik nie. (Translation of Afrikaans speech follows.)
[Adv A D ALBERTS: Hon Chairperson, the FF Plus rejects the appointments on the SABC board by the parliamentary Portfolio Committee on Communications. All the appointments were candidates the ANC gave preference to. This means that the ANC has strengthened its hold on the SABC even further and this is worrying, especially against the background of the looming local elections.
The ANC's fast-tracking of the appointments on the SABC board has a long history. The previous representative of the FF Plus on the parliamentary Portfolio Committee on Communications, Dr Pieter Mulder, a leader of the FF Plus, walked out of the committee in 2007 after the ANC used its majority in the committee to fast-track the appointments of the members of the SABC board. At the time he said that the ANC was abusing opposition parties to give legitimacy to an unacceptable procedure.
Now once again, as in the previous appointment of the board in 2009, where the ANC apparently took cognisance of the candidate of the opposition and even employed her, the ANC has appointed its own candidates. These new appointments are once again evidence of the fact that the ANC cannot be trusted. One cannot help but wonder if the ANC rules on behalf of the whole of South Africa, or only on behalf of its own cadres. More and more, minority groups are being pushed aside.
This begs another question: Why does the ANC allow room for racist ideologists such as Mr Jimmy Manyi to make policies that polarise communities? And why is the SABC board not more representative of minority groups in the whole of South Africa? What is the ANC actually doing?
The thing is, if you want conflict, then you can be certain that you will get conflict, but ultimately it really is in no one's best interest. This party will scrutinise the activities of the SABC board - which is in actual fact an ANC council - and will not hesitate to act if the ANC tries to use the SABC to further its own interests.]