Voorsitter, by die volgende sitting van die Raad sal ek namens die DA voorstel:
Dat die Raad kennis neem -
1) dat die gehalteversekeringsraad, Umalusi, Woensdag die eerste keer sedert 1918 bekend gemaak het watter vakke se punte in die 2010 matriekuitslae aangepas is, met hoeveel en waarom. Dit kom nadat die verbetering van sewe persentasiepunte in die slaagsyfer vrae laat ontstaan het;
2) dat Umalusi se grootste opwaartse aanpassing in wiskunde en rekeningkunde was, veral om die 30% druipmerk te verbeter;
3) dat op grond van die matrikulante se finale punteberekening, die algemene slaagsyfer eintlik nader aan 62%, pleks van die uiteindelike 67,8%, sou gewees het; en
4) dat die finale matriekuitslae wat deur die Departement van Onderwys dus vrygestel is, nie die ware weergawe is van die standaard wat behaal is nie. (Translation of Afrikaans draft resolution follows.)
[Mr W F FABER: Hon Chairperson, I give notice that I shall move at the next sitting of the Council:
That the Council -
1) notes that on Wednesday the quality assurance board Umalusi revealed for the first time since 1918 in which subjects by the matric results for 2010 marks had been adjusted, how much and why - following on questions that arose after an improvement of seven percentage points in the pass rate;
2) further notes that the biggest upward adjustment by Umalusi had been in mathematics and in accounting, chiefly in order to improve on the 30% failure rate; and 3) acknowledges that, based on the final calculation of the matric marks, the average pass rate would have been closer to 62% instead of the eventual 67,8%, and that these final results as released by the Department of Basic Education therefore do not accurately convey the standard attained.]