Agb Speaker, kollegas, dit is vir my 'n voorreg en 'n eer om namens die VF Plus saam met u die mosie ter roubeklag van ons kollega, Bertha Gxowa, te ondersteun. Ons het Bertha oor baie jare in hierdie Parlement leer ken as 'n gewaardeerde kollega wat altyd op 'n baie waardige manier haar bydraes gemaak het. Ek het haar nooit kwaad gesien nie. Ek het haar nooit opgewerk gesien nie. Sy was altyd rustig en bestendig, en sy het altyd haar standpunte doelgerig gestel.
Ek het haar jare gelede, reeds in 1997, beter leer ken met 'n parlementre besoek aan Suid-Amerika en Brazili saam met die gesondheidskomitee. Daar het sy ook, soos wat sy altyd gedoen het, haar insette op 'n waardige manier gemaak en op die regte manier haar standpunte gestel.
Wanneer sy my in die gange raakgeloop het, het sy altyd vir my net een vraag gevra. Sy het onmiddellik vir my gevra waar die VF Plus se dames in die Parlement is. Ek het altyd daarop geantwoord dat sy nie bekommerd moet wees nie en dat ons daaraan werk. Ek kan haar verseker dat ons nog steeds daaraan werk. Sy gaan nie hier wees om dit te sien nie, maar sy moet net weet dat die dames nog sal kom. Sy sal dit sien.
Ons dra graag ons meegevoel oor aan haar gesin en haar familie, ook aan haar party wat 'n lid verloor het en aan almal wat 'n kameraad en kollega verloor het. Sterkte aan haar gesin. Ons dink aan julle in hierdie moeilike tyd. Dankie. (Translation of Afrikaans speech follows.)
[Dr C P MULDER: Hon Speaker, colleagues, on behalf of the FF Plus, it is a privilege and an honour to join you in support of the motion of condolence for our colleague, Bertha Gxowa. We got to know Bertha in this Parliament over many years as a respected colleague who always contributed in a very dignified manner. I never saw her angry. I never saw her agitated. She was always calm and steadfast, and she always put her point of view in a resolute manner.
Years ago, as long ago as 1997, I came to know her better during a parliamentary visit to South America and Brazil as part of the committee on health. There she contributed as she always did, in a dignified manner, putting across her points of view in the correct manner.
Whenever she came across me in the corridors, she always asked me only one question. She immediately asked me where the ladies from the FF Plus were in Parliament. I always replied to this by saying that she need not be concerned and that we were working on it. I can assure her that we are still working on it. She won't be here to see it, but she just needs to know that the ladies will still be coming. She will see it.
We would like to extend our condolences to her family and relatives, also to her party who lost a member and to everyone who lost a comrade and a colleague. We wish her family all of the best. We are thinking of you during these difficult times. Thank you.]