Agb Adjunkspeaker, die VF Plus wil die Suid- Afrikaanse Polisiediens gelukwens met die veldtog wat hulle geloods het gedurende die vakansietydperk in veral Desember verlede jaar. Hulle benadering dat hulle roekelose en nalatige bestuurders vasgevat het, het vrugte afgewerp om te verseker dat vakansiegangers en motoriste veiliger op ons paaie is. Waardering word uitgespreek vir die opofferings van hierdie lede in die feestyd.
Daar is egter met kommer kennis geneem van die insident waarby die agb lid Winnie Madikizela-Mandela in hierdie tydperk betrokke was. Die feit dat haar motorbestuurder na bewering roekeloos en nalatig bestuur het deur teen 150 kilometer per uur deur die verkeer te vleg, is betreurenswaardig. Die verdere beweerde optrede van die agb lid strek die eer van die Parlement en van haar kollegas tot oneer en is 'n verleentheid.
'n Parlementslid moet ten alle tye 'n voorbeeld aan die kiesers stel. Die beweerde optrede van die agb lid sou getuig van arrogansie en 'n meerderwaardige gevoel dat sy verhewe is bo die reg. Ander motoriste in soortgelyke situasies sou summier weens dwarsboming van die gereg gearresteer word.
Die verdere gevolge van die insident, dat lede van die polisie daarna geskors is en selfs gevra is om die ... [Tussenwerpsels.] (Translation of Afrikaans paragraphs follows.)
[Mr P J GROENEWALD (FF Plus): Hon Deputy Speaker, the FF Plus would like to congratulate the SA Police Service on the campaign they launched during the holiday period, particularly in December. Their approach of tackling reckless and negligent drivers paid dividends by ensuring increased safety for the holidaymakers and motorists on our roads. We express appreciation for the sacrifices made by these members during the festive season.
We did, however, note with concern the incident involving the hon member Winnie Madikizela-Mandela during this period. The fact that her driver is alleged to have been driving recklessly and negligently by winding his way through traffic at 150 km per hour, is deplorable. The further alleged actions by the hon member do Parliament and her colleagues no credit and are an embarrassment.
A Member of Parliament should at all times set an example to the electorate. The alleged actions by the hon member would bear witness to arrogance and a feeling of superiority that places her above the law. Other motorists in similar situations would be arrested summarily for defeating the ends of justice.
The further consequences of the incident, with members of the police being suspended and even asked to ... [Interjections.]]