Agb Voorsitter, namens die DA gee ek kennis van my voorneme om die volgende voorstel voor die Raad te laat dien:
Dat die Raad -
(1) kennis neem dat die DA die antwoord van die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, mnr Sicelo Siceka, rondom die ondersoek na verskeie aangeleenthede in die Matjhabeng- munisipaliteit verwelkom;
(2) verder kennis neem dat die Minister aangedui het dat die Vrystaat se LUR vir Samewerkende Regering, Tradisionele Sake en Menslike Nedersettings, mnr Msebenzi Zwane, aangedui het dat hy, ingevolge artikel 106 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, Wet 32 van 2000, 'n ondersoek in Matjhabeng geloods het;
(3) verder kennis neem dat die Minister die ondersoek reeds op 15 November 2010 begin het en dat 'n evaluering van die implementering van die omstrede Ramathe Fivaz-verslag ook ondersoek sal word;
(4) erken dat hierdie ondersoek nodig is omdat die verslag al 'n geruime tyd beskikbaar is, maar deur die munisipaliteit weerhou word, en dat 'n opdrag van die wetgewer om die verslag bekend te maak ook deur die munisipaliteit verontagsaam is;
(5) verder erken dat hoe langer die omstrede verslag vanaf die raad, wetgewer en publiek weerhou word, hoe meer omstrede dit raak; en
6) die hoop uitspreek dat die LUR se ondersoek saam met die Ramathe Fivaz-verslag aan die Raad en die wetgewer bekend gemaak sal word. (Translation of Afrikaans notice of motion follows.)
[Mr D A WORTH: Hon Chairperson, I hereby give notice that at the next sitting of the Council I shall move the following on behalf of the DA:
That the Council -
(1) notes that the DA welcomes the reply of the Minister of Co- operative Governance and Traditional Affairs, Mr Sicelo Shiceka, regarding the investigation of several incidents in the Matjhabeng municipality;
(2) further notes that the Minister has indicated that the MEC for co-operative governance, traditional affairs and human settlements in the Free State, Mr Msebenzi Zwane, indicated that, in terms of section 106 of the Local Government: Municipal Systems Act, Act 32 of 2000, he has launched an investigation in Matjhabeng;
(3) further notes that the Minister already started the investigation on 15 November 2010 and that an evaluation of the implementation of the controversial Ramathe Fivaz report will also be investigated;
(4) acknowledges that this investigation is necessary because the report has been available for quite some time, but is being withheld by the municipality, and that a directive by the legislature to publish the report has also been ignored by the municipality;
(5) further acknowledges that the longer the controversial report is withheld from the Council, legislature and public, the more controversial it becomes; and (6) hopes that the MEC's investigation along with the Ramathe Fivaz report will be made available to the Council and legislature.]