Voorsitter, namens die DA gee ek kennis van my voorneme om die volgende voorstel voor die Raad te laat dien:
Dat die Huis -
1) kennis neem dat daar die afgelope tyd verskeie voorvalle van geweld in Khayelitsha voorgekom het onder die voorwendsel van swak dienslewering;
2) verder kennis neem dat drie voertuie verlede week aan die brand gesteek is gedurende sogenaamde dienslewering proteste;
3) toegee dat dit ironies is dat al drie voertuie besig was met dienslewering aan die gemeenskap in die sin dat -
a) een besig was om matriekeksamen vraestelle af te lewer;
b) een besig was om gestremde persone te vervoer met 'n voertuig wat deur die Kaapstad Metro voorsien is; en
c) die derde besig was om kinders na 'n plek vir misbruikte kinders te vervoer;
4) daarop let dat 'n vierde voertuig - 'n ambulans wat besig was om te reageer op 'n noodoproep van iemand in die gemeenskap - brandstigting vrygespring het deur te ontsnap, maar onder die klippe gesteek was;
5) erken dat dit ironies is dat dienste vernietig word onder die naam van dienslewering; en
6) 'n beroep doen op alle partye om hul ondersteuners te maan om verantwoordelik op te tree om sodoende 'n beter lewe vir almal te help skep. (Translation of Afrikaans notice of motion follows.)
[Mr T B BEYLEVELDT: Chairperson, I hereby give notice that at the next sitting of the Council I shall move the following on behalf of the DA:
That the Council -
(1) notes that several incidents of violence have taken place in Khayelitsha recently under the pretext of poor service delivery;
(2) further notes that three vehicles were set alight last week during the so-called service delivery protests;
(3) recognises that it is ironic that all three vehicles were rendering services to the community in the sense that - (a) one was delivering matric examination papers;
(b) another was transporting disabled people by means of a vehicle which was provided by the Cape Metro; and
(c) the third was transporting children to a place for abused children;
(4) notes that a fourth vehicle - an ambulance that was responding to an emergency call from someone in the community - got away before being set alight, but was stoned;
(5) acknowledges that it is ironic that services are being disrupted in the name of service delivery; and
(6) call on all parties to urge their supporters to behave responsibly in order to help create a better life for all.]