Agb Speaker, die Adjunkminister van Polisie skep rassespanning en polariseer verhoudings in Suid-Afrika met haar onverantwoordelike uitspraak dat die howe wittes ligter straf as swartes. Sy s ook dat die Suid-Afrikaanse strafregstelsel rassisties is en daarom onmiddellik verder getransformeer moet word.
Die Adjunkminister sal vinnig moet leer dat veralgemenings altyd verkeerd is. Sy maak geen bydrae tot die debatte en verhoudings in Suid-Afrika deur 'n enkele individuele geval te probeer voorhou as iets wat deurlopend gebeur nie. Sy moet veral daarteen waak om nie deel te word van die veralgemenings teen die boere en hulle praktyke nie. As nuwe Adjunkminister gaan sy nog baie te doen kry met die wreedheid van plaasmoorde wat makliker in so 'n gepolariseerde klimaat plaasvind.
Sonder om die verskillende misdade goed te praat, sou ek graag haar mening wil h oor die feit dat 'n rugbyspeler R100 000 borg kry in verband met die dood van 'n verkeersman, teenoor die moordenaar van Eugene Terreblanche wat R5 000 borg gekry het. Sy kan selfs die Shaik-geval vir ons vergelyk met die 74-jarige Clive Derby-Lewis se kanker. Sy sal vinnig moet leer dat veralgemenings altyd verkeerd is.
Regter Hlophe se uitspraak in die Marthinus Esterhuizen-geval in Beaufort- Wes, waar hy op 'n emosionele wyse na die beskuldigde verwys het dat hy geen siel het nie en in die tronk moet gaan verrot, sal maklik op dieselfde wyse, na die anderkant, veralgemeen kan word.
Dieselfde geld vir Ventersdorp se landdros in die saak van die borgaansoek van die beskuldigde in die Eugene Terreblanche-moordsaak. Om mense in Suid- Afrika rassisties op te sweep, is geen kuns nie. Van leiers in me Sotyu se posisie word verwag om op 'n verantwoordelike wyse hulle saak te stel. Ek dank u. (Translation of Afrikaans member's statement follows.) [Mr P J GROENEWALD (FF PLUS): Hon Speaker, the Deputy Minister of Police is creating racial tension and polarising relationships in South Africa with her irresponsible statement that courts are more lenient on whites than on blacks. She also claims that the South African justice system is racist and should therefore be further transformed immediately. The Deputy Minister must quickly come to terms with the fact that generalisations are always wrong. She is making no contribution to the debates and relationships in South Africa, by using a single individual case as an example of what happens continuously. She especially needs to guard against becoming part of the generalisations against farmers and their practises. As the new Deputy Minister, she will frequently be faced with the cruelty of farm murders that are committed more easily in such a polarised climate.
Without justifying the different crimes, I would like to hear her opinion on the fact that a rugby player receives bail of R100 000 with regard to the death of a traffic officer, whilst Eugene Terreblanche's killer received bail of R5 000. She can even compare the Shaik case with the 74- year-old Clive Derby-Lewis' cancer. She needs to quickly come to terms with the fact that generalisations are always wrong.
Judge Hlope's verdict in the Marthinus Esterhuizen case in Beaufort West, where he made emotional references to the accused by saying that he had no soul and that he should rot in jail, could easily be generalised in the same way to the other extreme.
The same goes for Ventersdorp's magistrate in the case of the bail application of the accused in the Eugene Terreblanche murder case. To racially incite people in South Africa is no art. Leaders in Ms Sotyu's position are expected to present their case in a responsible manner. Thank you.]